Visvangregte in die Wes-Kaap in die nuus 

Die DA kritiseer die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing om die proses vir die toewysing van visseryregte vir 2021/22 tot einde Oktober uit te stel. Die party sê dit het ongelukkigheid onder kleinskaalse vissers in die Wes-Kaap veroorsaak, wat intussen nie wettig kan visvang nie. Die voorsitter van die party se staande komitee oor Landbou en Omgewingsake, Andricus van der Westhuizen, sê daar word ook beweer dat lisensies toegeken is aan partye wat nie voornemens is om dit te gebruik nie: