Visumvry tussen Rusland en Namibië

Die ooreenkoms tussen die Namibiese en Russiese regerings oor die afskaffing van visumvereistes tussen die twee lande, tree op 2 Augustus in werking. Die ooreenkoms is reeds op 14 April vanjaar onderteken. Ingevolge die bepalings van die ooreenkoms kan Russiese burgers Namibië vir 90-dae visumvry binnekom. Dit kan weer na 180 dae plaasvind. Dit geld nie vir enige studie- of werk doeleindes nie. Dieselfde bepalings geld as Namibiërs Rusland besoek, al is dit tans onderhewig aan Covid-bepalings wat deur die Kremlin daargestel is.