Virtuele seminaar oor bewysgebaseerde polisiëring aangebied

Stadio Namibia in samewerking met die Namibiese Universiteit van Namibië gaan môre ‘n virtuele seminaar oor bewysgebaseerde polisiëring aanbied. Die seminaar is vir polisiestudente en mense in die sekuriteitsektor georganiseer en omdat dit aanlyn aangebied word, kan meer mense deelneem. Bewysgebaseerde polisiëring is die toekoms van polisiëring. Die webinaar sal môreaand vanaf ses-uur tot half-agt plaasvind. Dr. Albin Jacobs, besturende direkteur van Stadio Namibia gesels met Kosmos 94.1 Nuus.