Viëtnamese man kry boete van N$13 000, vyf jaar tronkstraf vir oortreding van Covid-reëls

‘n Viëtnamese man is gevonnis tot ‘n boete van amper 13 000 Namibiese dollar en vyf jaar gevangenisstraf nadat hy skuldig bevind is aan die oortreding van Covid-reëls en die verspreiding van die virus. ‘n Hof het bevind die 28-jarige Le Van Trie het die virus na agt mense oorgedra, en een persoon het gesterf. Hy het in Julie van Ho Chi Minh na sy tuisprovinsie Ca Mau gereis en daarna gejok toe hy oor sy reisgeskiedenis uitgevra is. Hy het ook nie Viëtnam se afsonderingsreëls gehoorsaam nie.