Vierpotige beampte Khalesi kry biefstuk vir kokaïen vonds van R84m

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis het ‘n vierpotige “beampte” van die metro se K9-polisie-eenheid met ‘n reuse stuk biefstuk beloon vir haar harde werk tydens ‘n dwelm-klopjag. Volgens Hill-Lewis het Khalesi ‘n beduidende rol gespeel in die dwelmfonds in die stad. Terwyl Hill-Lewis nie die waarde van die vonds wou bekend maak nie, is 84 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen gevind.