Vierde vlaag tref Duitsland

Duitsland is in ‘n stryd teen Covid-19 gewikkel met ‘n vierde vlaag van die virus wat hoofsaaklik onder mense uitgebreek het wat nie ingeënt is nie. Meer as 20 000 nuwe gevalle en 194 sterftes is gister aangemeld. Die minister van gesondheid, Jens Spahn, sê intensiewe-sorg-eenhede in die land het nou weer eens ‘n tekort aan beddens. Volgens die jongste syfers van die Robert Koch-instituut, is 55,6 miljoen Duitse burgers of 66,8 persent van die bevolking ten volle ingeënt. Duitsland het die week sy grense oopgemaak vir Namibiese burgers.