Vier uit 45 migrante oorleef ná boot sink
Altesaam 41 migrante is volgens berigte dood nadat ‘n boot naby die Italiaanse eiland Lampedusa gesink het. Vier mense wat die voorval oorleef het, het aan reddingswerkers gesê dat die boot met 45 mense aan boord uit Tunisië vertrek het en ure daarna onderweg na Italië gesink het. Die vier oorlewendes, wat burgers van Ivoorkus en Guinee is, het vandag op Lampedusa aangekom, nadat hulle deur ‘n vragskip gered is. Meer a 1 800 mense is sover vanjaar dood terwyl hulle probeer het om die Middellandse See van Noord-Afrika na Europa oor te steek. Italiaanse patrolliebote en noodlenigingsgroepe het die afgelope dae sowat tweeduisend migrante gered en na Lampedusa geneem. Korrespondent van CNN Ben Wedermann…