Vier tuna-spesies se getalle herstel

Vier tuna-spesies toon tekens van herstel ná te veel vis gevang is. Die jongste rooilys van die Internasionale Unie vir Natuurbewaring toon die Atlantiese blouvintuna het geskuif na die kategorie wat die minste kommerwekkend is nadat dit in die bedreigde kategorie was. Die Suidelike blouvin word tans as bedreig beskou en nie meer kritiek bedreig nie. Beide Albakoor- en geelvin-getalle het ook herstel. In 2011 het die meeste tuna-spesies ‘n ernstige risiko van uitsterwing getoon. Ses miljoen ton is vermoedelik in 2019 gevang. Tuna is een van die vis-spesies met die hoogste kommersiële waarde ter wêreld.