Vier Thaise burgers in Maleisië van mensehandel aangekla
Vier burgers van Thailand is in Maleisië aangekla van mensehandel. Die saak hou verband met die ontdekking van massagrafte naby die land se grens met Thailand. Sowat 140 grafte en verskeie kampe is in 2015 in Wang Kelian in die afgeleë grensgebied gevind. Die digte bosse in die grensgebied word gereeld as oorstaanplek gebruik vir menseshandelaars wat vlugtelinge per boot na Maleisië bring. Die migrante is meestal Rohingya Moslems wat uit Mianmar en vlugtelingkampe in Bangladesh vlug. Indien die verdagtes skuldig bevind word, kan hulle tot 15 jaar tronkstraf opgelê word. Die vier is vandeesweek deur Thailand uitgelewer.