Vier onafhanklike direkteure bedank uit raad van WP-rugby

Vier onafhanklike direkteure van die raad van die Westelike Provinsie Professionele Rugby het bedank. Hulle sê dit volg op vyandigheid van die unie se president Zelt Marais. Janine Myburgh, Melene Rossouw, Solly Moneng en Sabelo Mzanywa voeg by hulle kan nie hul pligte as trustees nakom soos wetlik van hulle verwag word nie. Marais het verlede week nog vier lede van die uitvoerende komitee geskors.