Vier netbalspanne wat vir premieliga kwalifiseer, bekend

Vier Namibiese netbalspanne, drie van die Omusati-streek en een van Windhoek het Saterdag deurgedring en kwalifiseer vir die jaar se MTC Netbal Premierliga. Wanderers van Windhoek, die Northern Fly Ballers, Fatou Netbalklub en Young Stars van Omusati het die uitspeelrondes waaraan nege spanne geelgeneem het, gewen. Die liga skop vanjaar in Maart af.