Vier mans kry lewenslank vir Heila Kilian se moord

Die rondgaande hooggeregshof in George in die Wes-Kaap het vier mans lewenslank tronk toe gestuur vir hulle betrokkenheid by die moord op die 63-jarige Heila Kilian op ‘n plaas by Stilbaai in 2018. Sakhumzi Benya, Nkoshihethu Nocuza, Msomi Nikani, en Monwabisi Maki is ook verdere gevangenisstraf van 54 jaar opgelê vir roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Die mans sal oor 25 jaar vir parool in aanmerking kom.