Vier Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier Covid-sterftes in drie distrikte, Eenhana, Outapi en Okongo aangemeld, asook 59 nuwe gevalle uit 1 427 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 4,1 persent verteenwoordig. In die groep is 19 leerders van verskillende skole en een student. Daar is nou 1 443 aktiewe gevalle, waarvan 157 mense in hospitale is en 20 in intensiewesorgeenehde. Altesaam 226 861 mense het hul eerste dosis Covid-entstof ontvang, terwyl 135 375 mense hul tweede dosis ontvang het.