Vier Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld, asook 71 nuwe gevalle uit 1 065 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 6,7 persent verteenwoordig. In die groep is 29 leerders van verskillende skole, asook twee gesondheidswerkers en een onderwyser. Daar is nou 8 508 aktiewe gevalle, waarvan 218 pasiënte in hospitale is en 23 in hoësorgeenhede. Altesaam 355 695 persone is ten volle ingeënt.