Vier aanpassings vir Stormers se kragmeting môre

Daar is vier veranderings aan die Stormersspan vir môre se kragmeting in Brentford teen London Irish om die Kampioenebeker. In die agterlyn vervang Angelo Davis die beseerde Leolin Zas. Ruhan Nel is weer fiks en sluit by Dan du Plessis in die middelveld aan, met Damian Willemse op heelagter. Junior Pokomela is die toekant-flank terwyl die slot, Connor Evans, sy debuut vir die Stormers maak. ʼn Ander opwindende slot, Ben-Jason Dixon is op die bank. Hy het nou reeds drie keer vir die span gespeel en hoop hy handhaaf sy goeie vorm: