VF Plus eis afdanking van Wally Roode
Die Vryheidsfront Plus eis die hoof van die presidensiële beskermings-eenheid, Wally Roode, moet voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie verskyn om die voorval in Pole, waarby President Cyril Ramaphosa se sekerheids-personeel betrokke was, te verduidelik. Poolse amptenare het hulle toegang geweier weens probleme met dokumente en permitte tydens die Afrika-vredesending na Oekraïne en Rusland. Lugmag-amptenare het blykbaar vooraf die leierskap van die sekerheids-personeel gewaarsku, maar dit is geïgnoreer. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê Roode se beskuldigings van rassisme teen Pole, was onvanpas.