VF Plus bekommerd oor landelike veiligheid ná twee plaasaanvalle in een week

Die Vryheidsfront Plus sê twee onlangse plaasaanvalle binne ‘n week in Mpumalanga is ‘n bewys dat die polisie of die provinsiale regering nie landelike veiligheid vooropstel nie. ‘n VF Plus-lid van die wetgewer, Werner Weber, sê hulle het die provinsiale portefeuljekomitee vir Veiligheid uitgedaag om ‘n beroep te doen op die LUR, Vusi Shongwe, en die provinsiale polisiekommissaris, Semakaleng Manamela, om verslag te lewer oor waarom die veiligheidsplan vir landelike gemeenskappe nie in werking gestel en gemonitor word om sulke aanvalle te voorkom nie: