VF+ looi ook vir Cele oor misdaadstatistiek

Die Vryheidsfront Plus sê die jongste misdaadsyfers wys die polisie verloor die stryd teen misdaad stadig maar seker. Die ministerie van Polisie se jongste kwartaalverslag vir die tydperk van Julie tot September vanjaar, toon ‘n dubbelsyfer-verhoging in die persentasie vir misdade wat moord, poging tot moord en aanranding insluit. Die VF Plus-leier, Pieter Groenewald sê die misdaad-syfers dui op ‘n vlaag misdaad wat deur die land spoel, en die minister van polisie, Bheki Cele, misluk in sy taak: