Verwagtinge oor maatreëls wat môre aangekondig word

Daar word verwag dat President Hage Geingob môre om 11-uur die land sal toespreek oor die jongste maatreëls in verband met die pandemie. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het bevestig dat die piek van die derde vlaag reeds bereik is maar, infrastruktuur en bronne is steeds onder druk. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme gepraat oor sy verwagtinge.