Vervoervakbond hou môre protesoptog

Die Namibian Revolutionary Transport Union gaan môreoggend ‘n protesoptog oor verskeie vervoermaatskappye hou. Die omstrede vervoervakbond kom môreoggend om agt-uur byeen onder die brug by die Van Eck-kragstasie vir hul protesoptog. Hulle noem verskeie vervoermaatskappye wat hulle teiken in ‘n plasing op hul Facebook-blad, onder meer MGC Transport, Coleman Transport, en Snyman Transport, asook Freshmark.