Vervoerministers van Namibië en Botswana vergader in hoofstad

Die Namibiese minister van werke en vervoer John Mutorwa sal môreoggend met sy eweknie van Botswana, Thulagano Segokgo, in Windhoek vergader. Volgens ‘n mediaverklaring van die Namibiese vervoerministerie, sal die onderwerp van bespreking die Trans-Kalahari-spoorwegkorridor-ontwikkeling wees met die gesamentlike ministeriële komitee van die twee buurlande wat sal vergader.