Vervoerminister pleit vir groei in Namibiese lugvaart

Die Namibiese vervoerminister John Mutorwa het ‘n beroep op afgevaardigdes van die Namibiese Lugvaart- en konnektiwiteitsforum gedoen om sake te bespreek die streekslugvaart- en konnektiwiteitlandskap sal bevorder. Hy sê ondanks die uitdagings oor die jare heen en die ondergang van die nasionale lugredery, Air Namibia, is daar steeds ‘n dringende behoefte aan ‘n verenigde benadering tot oorlewing en groei in die Namibiese lugvaartbedryf.