Vervoer (van alles) word ook duurder

Die vervoerbedryf in Namibië staar soos ander sektore, talle uitdagings in die gesig. Op die oomblik is die grootste uitdaging die styging van oliepryse. Die uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, Stefan Terblanche, sê aan Kosmos 94.1 Nuus met Namibië wat 90 persent produkte vanuit Suid-Afrika invoer, sal die olieprys ‘n reuse-impak op die brandstofprys hê.