Vervalste Covishield – dis nie hier nie

Die Namibiese gesondheidsministerie is bewus van die mediese produkwaarskuwing wat die Wêreldgesondheidsorganisasie uitgereik het oor vervalste Covidshield Covid-entstowwe wat in sommige Afrika- en Suidoos-Asiese lande geïdentifiseer is. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, het in ‘n mediaverklaring gesê dat die waarskuwing nie van betrekking is op entstowwe wat na Namibië ingevoer is nie. Namgombe het weer die versekering gegee dat alle entstowwe in Namibië veilig is.