Verstappen weer in die voorste plek

Motorsport: Max Verstappen sal by die Italiaanse Grand Prix in die voorste plek wegspring ten spyte daarvan dat hy in gister se Formule Een-kortresies na Valtteri Bottas geëindig het. Lewis Hamilton se nagmerrie-begin het hom drie plekke gekos, asook waarskynlik die kans om die titel by Monza te wen. Bottas het amptelik die F1 se tweede kortresies ooit na 18 dramatiese rondes gewen. Weens ‘n enjin-straf vir vanmiddag se wedren, skuif hy na agter in die wegspringplekke. Dit het aan Verstappen die onverwagte voorste wegspringplek gegee.