Verstappen bots teen ‘n keermuur by die Belgiese Grand Prix

Motorsport: Max Verstappen het, na hy die vinnigste tyd in die tweede oefenrondte vir die Belgiese Grand Prix opgestel het, met sy Red-Bull-renmotor teen ‘n keermuur vasgery. Verstappen het net-net ‘n vinniger tyd as Valtteri Bottas en Lewis Hamilton van die Mercedes-span in die kwalifiserende rondtes opgestel, maar het beheer verloor, toe die stertkant van sy motor gegly het. Fernando Alonso van Alpine was die vierde vinnigste. Verstappen is agt kampioenskapspunte agter Hamilton.