Verslapping van maatreëls in VK

Die Verenigde Koninkryk gaan Covid-19-beperkings verslap. Dit sluit in die dra van maskers, en ‘n onmiddellik opheffing van die riglyne om van die huis af te werk. Die minister van gesondheid, Sajid Javid, sê die Omikron-gevalle in die land neem af en is die begin van ‘n nuwe hoofstuk in die stryd teen Covid-19. Javid sê die einde van die meeste Plan B-maatreëls in Engeland is die gevolg van die nasionale missie teen die virus:

Sommige kenners meen die verslapping in die maatreëls word aangedryf deur die skandes van Downingstraat 10.