Verslap asb maatreël vir ID’s by eksamens

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie Nanso, het ‘n formele versoek aan die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie Sanet Steenkamp gerig om verslapping van maatreëls wat nasionale dokumente vir eksamens vereis, aan te vra. Nanso sê dat talle ouers in landelike gebiede nie voldoende ingelig is oor die bepaling dat nasionale dokumente kinders wat toegang tot eksamenlokale moet verkry, nodig is nie. Die organisasie se sekretaris-generaal Zabrina Ludwig sê daar is ook baie leerders wat nog nie dokumente het en dat die proses baie stadig is. Nanso sê hy sal volgende jaar ‘n veldtog van stapel stuur om identiteitsdokumente vir leerders te bekom.