Verslag toon dat aanlyn-aankope te omslagtig is

‘n Suid-Afrikaanse verslag oor digitale verbruikers toon dat die sogenaamde e-handelsbedryf tot 30 miljard Suid-Afrikaanse rand se inkomste per jaar verloor het. Ondanks die feit dat die mark in Suid-Afrika blykbaar gegroei het na Covid-19 met 82 persent van die respondente wat aanlyn gekoop het, het die bedryf steeds miljarde verloor as gevolg van die ervaring wat klante met aanlyn aankope het. Volgens ‘n deskundige Julia Ahlfeldt het hoë afleweringskoste en omslagtige prosesse daartoe gelei dat kliënte op die laaste oomblik aanlyn inkopies laat vaar het: