Verskoning oor foute in SA eksamenvraestelle

Die Suid-Afrikaanse onderwysliggaam vir gehalteversekering, Umalusi, het verskoning gevra oor die foute wat in sommige van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenvraestelle gevind is. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Ramoketsi, sê die foute is onregverdigbaar en hierdie problematiese vrae het daartoe gelei dat nasien-toegewings toegepas is en die betrokke vrae uitgesluit is van die algehele punt. Ramoketsi voeg by ‘n paneel van drie lede stel ondersoek in.