Verskeping van skaap: Nawa is verheug

Reaksie word ontvang op die moontlike opskorting van die verskeping van duisende skape op die hoef vanaf Walvisbaai na die Midde-Ooste. Die aansoek sou diere vanaf Suid-Afrika ingevoer het wat onmoontlik is as gevolg van die land se bek- en klouseer status. Geen ander buurland voldoen aan Namibië se vereistes in die verband nie so die verskeping van die diere sal nie in die nabye toekoms kan plaasvind nie. Die Namibia Animal Welfare Association, bekend as Nawa, het vroeër ‘n petisie opgestel om die uitvoer te verhoed. Heather Creamer van Nawa, sê hulle is verheug.