Verskeie OVK-amptenare vas oor ongerymdhede

In die buurland is verskeie amptenare van die Verkiesingskommissie in hegtenis geneem weens verskillende ongerymdhede, insluitend peuter met stembusse. Die OVK se voorsitter, Glen Mashinini, sê ‘n joernalis van Newzroom Africa wat vroeër by ‘n stemlokaal in Soweto in hegtenis geneem is, is intussen vrygelaat en die saak word ondersoek. Mashinini het ook bevestig die OVK is ingelig oor amptenare wat kiesers toegang tot stemlokale geweier het.