Verskeie dwelm-oortredings weer die naweek aangeteken

Die Namibiese polisie se uitdagings met dwelms duur voort. Volgens die mag se misdaadverslag is 22 stukkies kokaïne oor die naweek op Lüderitz gevind by twee verdagtes, 19 en 21 jaar oud. Die waarde word op 2 200 dollar beraam. So ook op Walvisbaai waar owerhede in die vroeë oggendure van Saterdag ’n 40-jarige man vasgetrek het in besit van kokaïne ter waarde van 500 dollar. Op Schlip en Opuwo is daar beslag gelê op dagga waarvan die waarde nog bepaal moet word maar die hoeveelhede is van so aard dat dit nie vir eie gebruik was nie. Al die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.