Verskeie dagvaardigings uitgereik teen Travis Scott na vetrapping

Die Amerikaanse rap-kunstenaar Travis Scott en sy Kanadese eweknie Drake staar regstappe in die gesig nadat ten minste agt mense dood en honderde beseer is by sy Astroworld-fees in Texas. Een beseerde konsertganger eis ‘n miljoen Amerikaanse dollar van Scott en Drake. Volgens die jongste nuus het die polisie in Houston met ‘n ondersoek begin. ‘n Afsonderlike gerug lui iemand in die gehoor het mense met dwelms ingespuit. Verskeie konsertgangers moes glo bygebring word met medikasie wat dwelm-oordossise teenwerk.