Verskeie beseer deur stormloop vir Ruto se inhuldiging

Verskeie mense is Dinsdag beseer by die hek van die stadion in Kenia se hoofstad Nairobi waar President William Ruto as president ingesweer was. Video wat op Keniaanse televisie uitgesaai is, wys hoe mense deur paramedici versorg word. Die Mama Lucy-hospitaal het verskeie pasiënte ontvang maar beserings was nie te ernstig nie en al die pasiënte is bestendig. Die stadion, met ‘n kapasiteit van 60 000 was teen vyfuur vanoggend reeds stampvol met Ruto se ondersteuners. Die Nasionale Polisiediens het in ‘n twiet gesê die stadion is vol en gevra dat mense verder wegbly maar daar is nie gehoor gegee nie. Ruto is sonder enige verdere uitdagings ingesweer.