Versigtig met herwinning van kookolie – dit raak giftig

Die prys van kookolie het met sowat 70 persent toegeneem. Dit is as gevolg van die wêreldwye eetbare olie-voorraad wat negatief beïnvloed is deur swak oeste van olie-gewasse soos sonneblomme, palm, soja en kanola, sowel as die tonne sonneblomsaad wat vassit in die Oekraïne. Met die hoë koste van kookolie, herverbruik baie mense die olie, maar daar is risiko’s daaraan verbonde. Sanet Prinsloo, ‘n bekende Namibiese sjef, maan huishoudings oor die gevare van herwinde kookolie.