Versekeie voorleggings vir Wetsontwerp op Biodiversiteit

Die Wes-Kaapse staande komitee vir landbou sê hy het ‘n groot aantal opmerkings ontvang oor die provinsie se voorgestelde Wetsontwerp op Biodiversiteit. Talle organisasies en instellings het voorleggings ingedien, onder andere Birdlife SA, Wildlife Ranching SA, Agri Wes-Kaap en die departement van gemeenskapsveiligheid en sekerheid, asook landbou. Die besturende direkteur van Biodiversity and Coastal, Marlene Laros, sê hulle het voorgestel dat beskermde mariene-gebiede uitgebrei word. Daar is ook voorgestel wilde diere se kommersiële uitbuiting word beperk tot klein kampies vir teling terwyl interaksie met toeriste gereguleer word.