Verpligte inenting: Nampol baas sê hy het nie die mag nie

Die hoof van die Namibiese polisie, inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga sê die mag se heersende beleid het nie voorskrifte wat hom die reg gee om lede van die polisie te dwing om teen Covid in te ent nie. Ndeitunga het gepraat na die aankondiging deur die hoof van die weermag Martin Pinehas wat opdrag gegee het dat alle soldate en lede van die weermag ingeënt moet word.