Verpleging op kritieke vaardigheidslys sal nie probleem oplos nie – Denosa

Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika, Denosa, het die DA se voorstel om verpleegpersoneel by die kritieke vaardigheidslys te voeg, sterk veroordeel. Die DA sê die lys is nie ‘n doeltreffende oplossing vir die probleem van ‘n tekort aan verpleegpersoneel in die land nie. Simphiwe Gada van Denosa sê om verpleegpersoneel by die lys te voeg, los nie die probleem van ‘n tekort aan vaardighede op nie: