Verpleegsters in Gauteng ruk op

Die verpleegstersorganisasie, Denosa, lei vandag ʼn optog na die kantore van die Gautengse premier, David Makhura, die Nasionale Tesourie, en die provinsiale departement van gesondheid. Denosa se provinsiale voorsitter, Simphiwe Gada, sê van hulle griewe sluit in die uitbuiting van verpleegsters in gemeenskapsdiens, die nie-betaling van salarisse, personeeltekorte, en aflegging van nuwe verpleegsters. Volgens hom lyk dit asof niemand besorg is oor die stryd wat verpleegsters in Gauteng te bowe moet kom nie.