Vermiste Willem Kruger se bakkie in Vaalrivier gevind

Die Suid-Afrikaanse polisiewoordvoerder in Limpopo, Malesela Ledwaba, het bevestig dat die vermiste 29-jarige Willem Kruger se Toyota Hilux-bakkie deur polisieduikers in die Vaalrivier gevind is. Die oorskot van ‘n man is ook op die toneel gekry, maar die polisie kon nie bevestig of dit die liggaam van Kruger is nie. Volgens Ledwaba sal ‘n lykskouing gedoen word en duur ondersoeke voort. Dit volg nadat Kruger op Sondag 13 November spoorloos verdwyn het. ‘n Soektog na Kruger van meer as 1 000 mense het vanoggend afgeskop.