Vermiste Nampol-lid dood aangetref, selfmoord

Die bevelvoerder van die Tubusis-polisiestasie, Vilho Hamulwa, 56, is dood in sy motor aangetref. Hamulwa is sedert Dinsdag vermis. Volgens die Erongo-polisie het ‘n span beamptes wat deel gevorm het van die soektog vir Hamulwa, sy motor in die woestyn gevind, ongeveer ‘n kilometer oos van Arandis. Hy het sy dienspistool gebruik en ‘n selfmoordnota is by hom in die voertuig gevind. Die polisie sê sy familie is reeds ingelig en geen vuilspel word vermoed nie.