Vermiste dagga: Ruik jy ‘n rot?

Die polisie in Indië het rotte die skuld gegee vir die vernietiging van byna 200 kilogram dagga waarop beslag gelê is en by polisiestasies aangehou is. Dit is nie die eerste keer wat rotte die skuld kry nie. Daar was ook ‘n saak van 195 kilogram sowel as ‘n derde van 386 kilogram dagga wat die rotte blykbaar opgeëet het. Die polisie het aan die hof in die staat van Uttar Pradesh gesê rotte is klein diertjies en hulle het geen vrees vir die polisie nie. Dit is moeilik om die dwelm teen hulle te beskerm, na die regter vir bewysstukke in ‘n saak gevra het. Die regter het toe gesê die polisie het geen kundigheid in die hantering van die saak nie, aangesien die rotte klein is, en dat die mag stappe moet neem om goedere teen sulke onverskrokke muise te beskerm. In 2018 is agt Argentynse polisiebeamptes afgedank nadat hulle muise die skuld gegee het vir die verdwyning van ‘n halwe ton dagga uit ‘n polisiepakhuis.