Vermeende pedofiel Donderdag weer in die hof

Die vermeende pedofiel, Johann Maree, wat na bewering tientalle minderjarige seuns in Windhoek vir pornografiese doeleindes verkrag en misbruik het, se formele borgtogaansoek sal op Donderdag 7 Oktober in die Windhoekse landdroshof voortduur. Die saak wat vandag sou plaasvind, is uitgestel, omdat die landdros nie beskikbaar was nie. Staatsaanklaer, Like Phelem, en Maree se regsverteenwoordiger, Eva Nangolo sal Donderdag hul finale betoë inhandig.