Vermeende pedofiel doen vandag aansoek vir borg

Die borgaansoek van die vermeende pedofiel Johann Maree, sal vandag voortgesit word voor die Windhoek-landdros Celma Amadhila. Die 50-jarige Maree is verlede jaar in hegtenis geneem op 40 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op die internet geplaas. Hy het in Junie verlede jaar in ‘n verklaring voor Amadhila gebieg en gesê hy het hulp nodig, maar tydens sy laaste verskyning ’n ommekeer gemaak en gesê hy ontken al die klagte teen hom. Maree is ‘n voormalige polisieman en reservis vir Nampol.