Vermeende opstoker bly eers agter tralies

‘n Vermeende opstoker van die onlangse geweld in Gauteng in die buurland sal ten minste tot Maandag toegesluit bly ná sy tweede hofverskyning in Westonaria aan die Wes-Rand. Die sewe-en-dertig-jarige Sibusio Mavuso is ‘n week gelede in hegtenis geneem en sou na verwagting om borgtog aansoek doen, maar daar was nie ‘n landdros beskikbaar nie. Hy word gekoppel aan ‘n voorval by ‘n kruidenierswinkel nadat hy glo geweld aangehits het op sosiale media. Drie ander verdagtes wat weens dieselfde aanklagte in hegtenis geneem is, het hierdie week in howe in die provinsie verskyn.