Vermeende onrus-aanhitsers se saak tot 26 Augustus uitgestel

Die landdroshof in Durban in KwaZulu-Natal het die saak teen 22 mense wat na bewering betrokke was by die aanhitsing van die onrus van Julie 2021 tot 26 Augustus uitgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê die beskuldigdes is vandag aangekla van sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing om openbare geweld te pleeg en aanhitsing tot brandstigting.