Vermeende moordenaars van korrupsiefluitjieblaser in hof

Die vermeende moordenaars van ‘n senior beampte van die Gautengse gesondheidsdepartement, Babita Deokaran, hervat op die eerste van volgende maand in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg. Ses verdagtes van KwaZulu-Natal staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, sameswering om moord te pleeg, en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Deokaran is buite haar huis in Johannesburg, vermoor nadat sy haar dogter by die skool afgelaai het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phindile Mjonondwane, sê nog mense gaan aangekla word.