Vermeende huurmoordenaar van busbestuurder in hof

Die 28-jarige man wat verbind word met die aanvalle op Intercape se busse in Kaapstad in Maart en April, verskyn vandag in die Bishop Lavis-landdroshof. Die woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, Novela Potelwa, sê die verdagte sal van moord en poging tot moord aangekla word. ʼn Busbestuurder van Intercape, Bongikhaya Machana is in April geskiet en is drie dae later in die hospitaal dood. Volgens Potelwa ondersoek die polisie se span vir vervoergeweld ander sake wat verband hou met die aanvalle op Intercape-busse.