Vermeende dwelmhandelaar van Osire vlugtelingskamp

Die Kongolese burger wat gevang is met 27 kilogram dagga met ‘n straatwaarde van 1,35 miljoen Namibiese dollar, se saak is in die Swakopmund landdroshof tot 23 Junie uitgestel. Gilbert Kalenga, 31 jaar oud, sal dan aansoek om borg doen. Kalenga is volgens die stukke voor die hof van die Osire vlugtelingskamp. Hy is in hegtenis geneem na ‘n ondersoek wat geheime polisie van die Erongo- en Otjozondjupa-streke ingesluit het.